Foto deur Micky Hoyle

SARIE KOS OKT/NOV 2012

Foto deur Micky Hoyle SARIE KOS OKT/NOV 2012

Bykos

Suurlemoen-aartappels

Veral heerlik saam met visgeregte, maar ook lekker by vleis
Genoeg vir 6

  • 1 kg Mediterreense aartappels, geskil en gehalveer
  • 15 ml droë origanum
  • sout na smaak
  • 125 ml olyfolie
  • sap van 1 suurlemoen

Verhit jou oond tot 220 °C. Rangskik die aartappels in ’n enkel-laag in ’n groot oondbak. Geur met sout en origanum. Gooi die olyfolie en suurlemoensap oor, en genoeg water om die aartappels nét te bedek. Bak vir sowat 2½ uur.

Wat jy moet weet
Die olyfolie dryf bo-op die water. Die water sal geleidelik wegkook en dan sal die olie die aartappels outomaties bedruip. Daar sal nog olie onderin die bak wees wanneer hulle gaar is. Die suurlemoensap is nie net vir geur nie – dit help ook om die aartappels brosser te maak.