Foto deur Micky Hoyle

Diabeties

Suurlemoen en papawersaadbroodjie

Resep deur Annerien Vermeulen

(Ongeveer 15 porsies)

  • 80 ml laevet-margarien
  • 180 ml suikerplaasvervanger
  • 1 eier
  • 80 ml vetvrye melk
  • 10 ml gerasperde suurlemoenskil
  • 15 ml vars suurlemoensap
  • 310 ml meel
  • knippie sout
  • 5 ml papawersaad
  • 5 ml bakpoeier
  • 2,5 ml koeksoda
  • 80 ml ongegeurde jogurt

Glasuursel

  • 60 ml versiersuiker
  • 30 ml suurlemoensap

Verhit oond tot 180 °C. Spuit broodpannetjie van 23 x 13 x 7 cmmet kleefwerende kossproei. Klits margarien tot sag. Klits suikerplaasvervanger en eier by. Voeg melk, suurlemoenskil en -sap by en meng goed. Hou eenkant. Meng meel, sout, papawersaad, bakpoeier en koeksoda. Voeg meelmengsel om die beurt met die jogurt by eiermengsel. Meng, maar nie te veel nie. Skep in voorbereide pan en bak ongeveer 40 minute.

Glasuursel Meng versiersuiker en sap. Steek gaar broodjie vol gaatjies met vurk. Gooi glasuursel oor sodra dit uit pannetjie kom.

Papawersaadbroodjie analise – (15 snye – 1sny =1 porsie)
Energie – 346 kJ
Koolhidrate – 11 g
Proteien – 6 g
Vet – 2,5 g
Vesadigde vet – 0,7 g
Mono-onversadigde vet – 1 g
Poli-oversadigde vet – 0,6 g
Cholesterol – 68 mg
Glukemiese lading (GL) – 6,6