Foto's deur Micky Hoyle

Foto's deur Micky Hoyle

Gebak

Suurlemoen-polentakoek

Hierdie koek bevat geen meel nie

1 x 23 cm-koek

  • 400 g (435 ml) sagte botter
  • 400 g (480 ml) strooisuiker
  • 200 g pistasieneute, afgedop
  • 200 g fyn amandels
  • 5 eiers
  • 5 ml vanieljegeursel
  • gerasperde skil van 2 suurlemoene
  • sap van 1 suurlemoen
  • 225 g polenta
  • 7 ml bakpoeier
  • 1 ml sout

Verhit oond tot 160 °C. Klits botter en suiker tot lig en romerig in ’n elektriese menger. Kap pistasieneute fyn in jou voedselverwerker. Voeg pistasieneute en fyn amandels by bottermengsel en meng goed. Voeg eiers een vir een by en klits goed ná elke byvoeging. Vou res van bestanddele in die mengsel met ’n lepel en skep in ’n 23 cm-koekpan wat met bakpapier uitgevoer en goed met kleefwerende kossproei gespuit is. Sit pan op ’n bakplaat en plaas in oond. Bak vir 40 – 45 minute. Gebruik ’n dun pennetjie om seker te maak die koek is gaar in die middel. Baktye kan verskil omdat oonde verskil. Kook intussen die stroop, wat warm oor die koek gegooi moet word sodra dit uit die oond kom.

Suurlemoenstroop

  • 100 ml water
  • 100 g (125 ml) suiker
  • sap en fyngerasperde skil van 1 suurlemoen

Sit al die bestanddele in ’n kastrol en bring tot kookpunt terwyl jy roer. Die suiker moet oplos voor die stroop begin kook. Gooi stroop oor koek sodra dit begin kook.