sk08_4suurlemoene06
Gebak

Suurlemoen-ringkoek

(ringkoek van sowat 23 cm)

  • 225 g (240 ml) ongesoute botter
  • 200 g (140 ml) suiker
  • 4 eiers
  • 5 ml vanieljegeursel
  • gerasperde skil van 1 suurlemoen
  • 280 g (500 ml) koekmeel
  • 10 ml bakpoeier
  • knippie sout
  • 60 ml suurlemoensap

Verhit jou oond tot 180 °C. Room die ongesoute botter en suiker saam tot lig en romerig. Voeg die eiers een vir een by en klits goed ná elke byvoeging. Klits die vanieljegeursel en gerasperde suurlemoenskil by. Sif die koekmeel, bakpoeier en sout saam. Voeg dit om die beurt met die suurlemoensap by die bottermengsel tot net gemeng. Gooi die mengsel in ’n gesmeerde ringkoekpan van sowat 23 cm. Bak vir sowat 45 minute. Haal uit en laat afkoel voor jy die koek versier.

Versiersel

  • 250 g (500 ml) versiersuiker, gesif
  • 30 ml botter
  • 125 g roomkaas
  • 1 – 2 suurlemoene, in dun skywe gesny, om te versier

Meng die versiersuiker en botter tot dit soos broodkrummels lyk. Voeg die roomkaas by en meng tot glad. Hou in die yskas tot benodig. Wanneer die koek afgekoel het, smeer die versiersel bo-oor en versier met die suurlemoen-skywe.