sk08_4suurlemoene03
Gebak

Suurlemoentert

(2 x 20 cm-terte)

Deeg

  • 225 g (400 ml) koekmeel
  • 2 ml bakpoeier
  • 50 g (60 ml) strooisuiker
  • 30 ml botter
  • 1 eiergeel
  • 60 ml melk

Verhit jou oond tot 200 °C. Sif die meel en bakpoeier saam. Plaas die mengsel in jou voedselverwerker saam met die strooisuiker. Voeg die botter by en meng tot dit soos broodkrummels lyk. Klits die eiergeel en melk saam. Voeg dit by die meel en meng tot ’n deeg vorm. Maak die deeg toe met kleefplastiek en plaas in die yskas vir sowat 30 minute. Rol die deeg uit op ’n meelbestrooide oppervlak en voer twee gesmeerde losboom-quiche-panne van 20 cm daarmee. Sit waspapier bo-op die deeg en plaas droë bone daarop. Bak die deeg blind vir 20 minute.

 

Vulsel

  • 8 eiers
  • 340 g (400 ml) strooisuiker
  • 500 ml room
  • 350 ml vars suurlemoensap
  • gerasperde skil van 2 suurlemoene

Verhit jou oond tot 180 °C. Klits die eiers en strooisuiker saam tot lig en romerig. Klits die room, suurlemoensap en -skil by. Plaas die quiche-panne met die blindgebakte deeg op bakplate. Gooi die vulsel versigtig in die tertdoppe. Bak vir sowat 45 minute tot gestol. Jy kan die terte bo-op effens verbruin onder die rooster-element van jou oond.