5 bestanddele

Tamatie-konkoksie

(4 porsies)

  • 4 ontbeende hoenderborsies (sonder vel)
  • 1 groot ui, in kwarte gesny
  • 30 ml olyfolie
  • 1 blik (400 g) kersietamaties
  • 2 knoffelhuisies, fyngedruk
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak

Verhit oond tot 180 °C. Plaas die hoenderborsies en uikwarte in ‘n oondroosterbak. Sprinkel olyfolie oor. Geur met sout en peper. Plaas in warm oond en rooster vir sowat 15 minute. Voeg die geblikte tamaties en knoffel by. Rooster verder vir nog sowat 45 minute. Sprinkel ‘n hand vol vars basiliekruidblare oor. Saam met tamatie is dit ‘n wenkombinasie.