Foto's deur Micky Hoyle

Gebak

Tartiflette

(6 – 8 PORSIES)

  • 8 groot aartappels (sowat 2 kg)
  • 15 ml botter
  • 30 ml olyfolie
  • 3 groot uie, gehalveer en in skywe gesny
  • 2 huisies knoffel, fyngekap
  • 250 g strepiespek (streaky)
  • 500 ml room
  • 125 ml chardonnay
  • 2 camembert-kase, in dik skywe gesny
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak

Verhit oond tot 180 °C. Skil aartappels en sit in kastrol met water. Bring tot kookpunt en kook tot net sag. Dreineer en laat afkoel. Smelt botter saam met helfte van olyfolie in ’n pan. Braai uie en knoffel tot sag en deurskynend, maar nie bruin nie. Verhit res van olyfolie in ’n ander pan en braai spek bros en bruin. Dreineer op kombuispapier. Sny aartappels in dik skywe en pak een laag in ’n oondbak wat gesmeer is met botter. Pak uie en spek bo-op. Geur met sout en peper. Herhaal die lae. Gooi room en wyn oor. Pak camembertkaasskywe bo-op en plaas in warm oond vir sowat 1 uur.

Om te drink:
Omdat hierdie gereg so ryk is, is ’n meneer van ’n gehoute chardonnay nodig. Probeer gerus De Wetshof se Bateleur Chardonnay 2009. Dit sal sy man kan staan teen die spek, room en kaas.