Gebak

Tert met tamatie,ricotta en olywe

(4 – 6 porsies)

  • 30 ml gesmelte botter
  • 4 velle filodeeg
  • 10 klein sprietuie, gesny
  • 2 knoffelhuisies, fyngekap
  • 400 g ricotta-kaas
  • 1 eier, geklits
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
  • 100 g ontpitte swart olywe, gedreineer
  • 10 halwe oondgedroogde tamatie (oondgedroogde tamaties)
  • 15 ml olyfolie

Verhit oond tot 180 °C. Smeer emaljebord met botter. Plaas een vel filodeeg op werkoppervlak en smeer met bietjie gesmelte botter. Herhaal met res van filodeeg. Voer emaljebord uit met deeg en sny deel wat oorhang af. Meng sprietuie, knoffel, ricotta-kaas en eier goed. Geur met sout en peper. Skep in uitgevoerde bord. Rangskik olywe en tamaties bo-op. Sprinkel olyfolie oor en plaas in warm oond. Bak vir 30 – 35 minute.