FOTO Donna Lewis

FOTO Donna Lewis

Gebak

Tiemie-en-polenta-lemoenkoek

Dis die jaar van die graan. Probeer dié heerlike klam polentakoek met geure van lemoen en tiemie.

genoeg vir 1 groot koek

•  1 x 500 g-blok botter
•  500 g (625 ml) ligte bruinsuiker 8 eiers
•  280 g fyn polenta
•  400 g (500 ml) koekmeel
•  20 ml bakpoeier
•  sap en skil van 4 lemoene
•  3 takkies tiemie, fyngekap plus ekstra vir garnering

Versiersel

•  1 x 250 ml-houer roomkaas
•  500 g-sakkie versiersuiker, gesif
•  sap en skil van 1 suurlemoen

Verhit oond tot 180 °C. Voer drie ronde 20 cm-losboompanne met bakpapier uit en spuit goed. Room botter en suiker in elektriese menger tot lig en donsig. Voeg eiers een vir een by terwyl menger loop. Voeg polenta, meel en bakpoeier by en meng. Hou 200 ml van lemoensap eenkant en voeg res van sap saam met skil by mengsel en meng goed. Vou tiemie by. Verdeel mengsel tussen panne en bak 20 – 25 minute of tot ’n toetspen skoon uitkom. Haal uit oond en verdeel 200 ml lemoensap wat jy teruggehou het tussen warm koeke. Keer uit en laat afkoel.
Versiersel Meng roomkaas, versiersuiker, sap en skil van suurlemoen. Plaas eerste laag koek op opdienbord en skep 1⁄3 van versiersel bo-op. Herhaal met res van koek en versiersel en eindig met versiersel. Plaas ekstra tiemie bo-op en sit voor.