Gebak

Turkish delight-kolwyntjies

(12 kolwyntjies)

  • 1 x basiese resep (basiese vanielje-kolwyntjie)
  • 280 g Turkse lekkers, grofgekap versiersel
  • 60 ml versiersuiker, om oor te sif
  • 12 heel blokkies Turkse lekkers

Volg aanwysing vir basiese resep se beslag. Roer gekapte Turkse lekkers by. Verdeel mengsel tussen bakkies en plaas in warm oond. Bak vir 15 – 20 minute of tot goudbruin en ‘n toetspen skoon uitkom. Haal uit en laat afkoel voor jy die kolwyntjies versier. Sif versiersuiker oor en versier met heel Turkse lekkers.