sk1010mezze7
Gebak

Turkse kebabs

(12 kebabs)

Marinade

  • 300 ml tamatiesap
  • 250 ml Bulgaarse jogurt
  • 2 knoffelhuisies, fyngekap
  • hand vol vars basiliekruid, gekap
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak

Ryg op stokkie

  • 1,7 kg ontbeende lamsboud, in blokke gesny
  • 3 soetrissies – groen, rooi en geel – in blokke gesny

Meng al die bestanddele vir marinade saam. Plaas vleisblokkies in groot bak en gooi marinade oor. Sit in yskas vir sowat 4 uur. Haal vleisblokkies uit marinade en hou marinade eenkant. Ryg vleis om die beurt met soetrissies op kebabstokkies. Verhit roosterelement van oond. Gebruik ‘n oondroosterbak met ‘n rakkie en plaas kebabsop rakkie. Smeer met ‘n bietjie marinade. Plaas onder roosterelement. Rooster weerskante terwyl jy elke nou en dan van die marinade oorsmeer. Rooster so lank soos hoe gaar jy kebabs wil hê.