sk1010kids7
Gebak

Tussen die pale deur

(12 – 14 kolwyntjies)

Gebruik die basiese resepte vir vanielje-kolwyntjies en vanieljeversiersel, om al hierdie kolwyntjies te maak

  • 20 ml groen voedselkleursel
  • rugbyballe-versierings
  • groen suikerkristalle
  • 12 stringe liquorice-lekkers

Hou 125 ml botterversiersel eenkant en kleur die res groen. Smeer “gras” met ‘n paletmes bo-op kolwyntjies. Gebruik ‘n spuitsak en spuit ‘n wit H-vorm bo-op. Druk rugbyballe in en sprinkel
groen suikerkristalle oor. Sny 8 liquorice-lekkers in 5-cmstukke en die res in 3-cmstukke. Druk tandestokkies horisontaal deur die 3-cmstukke. Druk 5-cm-stukke vertikaal vas aan elke kant en sny die stokkie wat uitsteek af. Druk pale in kolwyntjies.