Vanielje-en-sjokolade chiffonkoek

Vanielje-en-sjokolade chiffonkoek FOTO: Donna Lewis

Gebak

Vanielje-en-sjokolade chiffonkoek

Vanielje-en-sjokolade chiffonkoek. Dié koek met sy baie eierwitte ken ons nie verniet ook as engelkoek nie. Net een sny en jy verbeel jou jy dryf weg op ’n hemelse wolk

Koek

  • 12 ekstragroot eierwitte
  • 3 ml sout
  • 10 ml kremetart
  • 500 g (960 ml) versiersuiker, gesif
  • 280 g (500 ml) koekmeel, gesif
  • 5 ml vanieljegeursel
  • 30 g (75 ml) kakaopoeier, gesif

Versiersel

  • 300 g donkersjokolade
  • 125 ml room
  • 185 g frambose
  • ekstra kakao vir oorsif

1. Verhit oond tot 170 °C (as jy ’n waaieroond het, kan jy dit by 160 °C bak). Gooi eierwitte, sout en kremetart in bak van ’n elektriese menger en klits tot sagte punte vorm. Voeg versiersuiker geleidelik by en klits tot blink, stywe mengsel, sowat 5 – 8 minute.

Stap 1

Stap 1

2. Vou die koekmeel en vanielje versigtig by die mengsel in met ’n groot metaallepel. Skep ⅓ van die mengsel uit in ’n aparte bak en vou die kakao daarby in.

 

Stap 2

Stap 2

3. Gooi ½ van wit mengsel in ’n chiffonkoekpan met ’n volume van 3 500 ml. Moenie die pan met kleefwerende kossproei spuit of smeer nie, want die koek moet aan die pan vassit om te rys. Skep kakaomengsel bo-op, gevolg deur res van wit mengsel. Vou deur die lae met ’n metaallepel sodat dit soos marmer lyk. Moenie te veel meng nie. Plaas in warm oond.

Stap 3

Stap 3

4. Bak vir 40 – 45 minute of tot toetspen skoon uitkom en koek sponsagtig voel. Haal gaar koek uit oond en plaas pan onderste op ’n houtbord sodat die koek kan afkoel. Dis belangrik om die koek onderstebo neer te sit, anders gaan dit platval. Gebruik ’n slaplemmes en sny die koek versigtig van die pan los. Sien “Versier so” links bo op blad.

Stap 4

Stap 4

Versier só
Smelt sjokolade en room saam en laat afkoel tot dik, loperige sjokoladesous. Keer koek uit, draai om en plaas op opdienbord. Skep sjokoladesous oor, strooi bessies bo-op en sif kakao oor. Sit voor.

Wenk

Smelt sjokolade en room saam en laat afkoel tot dik, loperige sjokoladesous. Keer koek uit, draai om en plaas op opdienbord. Skep sjokoladesous oor, strooi bessies bo-op en sif kakao oor. Sit voor.

Vanielje-en-sjokolade chiffonkoek

Vanielje-en-sjokolade chiffonkoek
FOTO: Donna Lewis