Foto deur Micky Hoyle

SARIE KOS AUG/SEP 2012

Foto deur Micky Hoyle SARIE KOS AUG/SEP 2012

Gebak

Vanielje-whoopie pies

Genoeg vir 6 whoopie pies

Baktyd: 10 – 12 minute

  • 115 g (125 ml) ongesoute botter
  • 210 g (250 ml) strooisuiker
  • 2 eiers
  • 125 ml karringmelk
  • 295 g (530 ml) koekmeel
  • 7 ml bakpoeier
  • 1 ml sout
  • 125 ml karringmelk
  • 30 ml melk
  • 5 ml koeksoda
  • 5 ml witwyn-asyn
  • 10 ml vanieljegeursel

Stap 1. Verhit oond tot 180 °C. Room botter en suiker in jou elektriese menger tot lig en romerig. Voeg die eiers een vir een by en klits goed ná elke byvoeging.

 

Stap 1

Stap 1

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Stap 2. Sif meel, bakpoeier en sout saam. Meng melk, koeksoda en asyn en voeg by botter-mengsel. Voeg meel by en meng goed. Voeg vanielje by en meng.

 

Stap 2

Stap 2

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Stap 3. Voeg karringmelk by en klits goed. Die mengsel gaan lyk of dit skif, maar moet glad nie bekommerd wees daaroor nie.

 

Stap 3

Stap 3

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Stap 4. Skep koekmengsel in gesmeerde whoopie pie-pannetjie. Plaas in oond en bak vir 10 – 12 minute. Haal uit en keer versigtig uit. Laat afkoel op afkoelrak. Skep van die framboos-en-nougat-roomys op een van die whoopie pies en plak toe met nog een. Herhaal met die res en sit dadelik voor.

 

Stap 4

Stap 4

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Nie lus vir roomys in jou whoopie pie nie?
Gebruik dié versiersel:
Roomkaasversiersel

  • 250 g (480 ml) versiersuiker, gesif
  • 30 ml botter
  • 125 g roomkaas

Meng versiersuiker en botter. (Dit sal soos broodkrummels lyk.) Voeg roomkaas by en meng tot ’n gladde mengsel. Hou in die yskas tot benodig.