sr1307_koek_v_d_maand_2_
Gebak

Vanielje kaaskoek

Kors

  • 100 g (180 ml)
  • koekmeel
  • 50 g (125 ml)
  • amandelmeel
  • 50 g (60 ml)
  • strooisuiker
  • 90 g (100 ml) botter

Vulsel

  • 500 g ricotta-kaas
  • 330 g roomkaas
  • 85 ml strooisuiker
  • 3 eiers
  • 60 ml vars
  • suurlemoensap
  • skil van 1 suurlemoen
  • 1 vanieljepeul of
  • 5 ml vanieljegeursel
  • 25 ml water
  • 25 ml mielieblom
Vryf in met hande tot growwe, sanderige tekstuur. Bak tot kors begin verbruin.
1. Verhit oond tot 150 ˚C. Plaas al die bestanddele vir die kors in ’n middelslagmengbak en vryf met jou hande tot dit ’n growwe, sanderige tekstuur het.  2. Voer ’n 20 cm-losboompan met bakpapier uit en spuit die pan goed met kleefwerende kossproei. Gooi korsmengsel in pan en druk stewig met jou vingerpunte vas. Bak vir 15 minute of tot kors begin verbruin.
Meng bestanddele tot gladde mengsel Bak vir 1 uur in oond
3. Plaas al die bestanddele vir die vulsel in ’n voedselverwerker en meng op hoë spoed tot gladde mengsel. Die mengsel lyk dalk baie loperig, maar dis reg so. Spuit weer die pan se binnerand met kleefwerende kossproei en gooi mengsel in pan. Kap pan liggies om van lugborrels ontslae te raak. 4. Bak vir 1 uur in warm oond. Skakel oond af en laat vir nog 1 uur in oond om af te koel Haal uit oond en plaas vir 3 uur of oornag in yskas. Haal ring af en plaas koek op opdienbord.

Versier só

Joline versier haar kaaskoek met allerlei vars bessies wat sy kry daar waar sy in Frankryk bly. Hier in Suid-Afrika is dit nou winter en dié vrugte is nie so volop nie. Ons het 250 ml geroomde maaskaas met 30 ml suurlemoensap en 45 ml versiersuiker gemeng. Laat stol in yskas en smeer oor kaaskoek.