Foto deur Micky Hoyle

SARIE KOS FEB/MAART 2013

Foto deur Micky Hoyle SARIE KOS FEB/MAART 2013

Gebak

Varkworsie-ontbytbroodjie

Eet vir brekfis of pak in werk toe.

genoeg vir 4

  • 15 ml olyfolie
  • 6 varkworsies
  • 4 rolletjies van jou keuse
  • groot hande vol roketblare
  • 2 tamaties, in skywe gesny
  • 4 medium-gekookte eiers

Verhit olyfolie in pan. Braai worsies oor medium hitte in olie tot gaar. Sny rolletjies oop en pak vars roket binne-in. Pak tamaties en eier bo-op. Halveer worsies in lengte en sit in rolletjies – drie stukke per rolletjie. Maak toe.

Wat is jou slim ontbytidee? Deel dit met Kellogg’s en jy kan wen! 

20160610_Digitorial SHakeUp Tag