sk07brood01
Gebak

Vinnige bierbrood

• 500 g wit bruismeel
• 5 ml sout
• 250 ml gerasperde cheddarkaas
• 1 blikkie (340 ml) bier

Meng die meel, sout en gerasperde kaas saam in ‘n groot mengbak. Gooi die hele bier by en meng goed. Sit die meelmengsel in ‘n gesmeerde broodpan van sowat 18 cm x 8 cm, of twee klein pannetjies van sowat 14 cm x 7 cm. Bak in ‘n warm oond teen 180 °C vir sowat 45 minute as jy een groot brood bak of sowat 30 minute as jy twee kleintjies bak.

Nog bestanddele om by te voeg
• Behou die kaas en voeg 3 gekapte sprietuie by.
• Los die kaas uit en voeg 10 gekapte swart olywe en 5 gekapte songedroogde tamaties by.
• Behou die kaas en voeg 125 ml fyngekapte biltong by.
• Behou die kaas, braai repiespek wat in blokkies gesny is en voeg dit by.

  • Carter

    Hierdie is n baie lekker broodtjie! Gou om te maak vir as jy niks het om voor te sit vir gaste wat onverwags vinnig kom inloer.