Foto deur Micky Hoyle

Foto deur Micky Hoyle

Gebak

Vinnige mielie-vetkoek

Vetkoek word gewoonlik met suurdeeg gemaak, maar nie hierdie resep van my ouma nie. Dis heerlik, en met mielies daarby is dit net nog lekkerder.
Sowat 8 vetkoeke

• 240 g (430 ml) koekmeel
• 20 ml bakpoeier
• 2 ml sout
• 15 ml botter
• ½ x 340 g-blik mielies, gedreineer
• 250 ml melk
• 1x 750 ml-bottel sonneblomolie

Stap 1. Sif meel, bakpoeier en sout saam in ’n mengbak. Voeg botter by.

 

Stap 1

Stap 1

 

 

 

 

 

 

 

 

Stap 2. Vryf botter in gesifte meel in met jou vingerpunte.

 

Stap 2

Stap 2

 

 

 

 

 

 

 

 

Stap 3. Voeg mielies by en meng goed deur. Voeg melk by en meng tot ’n deeg vorm.

Stap 3

Stap 3

 

 

 

 

 

 

 

 

Stap 4. Verhit olie in ’n diep kastrol. Doop ’n opskeplepel in ’n bietjie koue sonneblomolie en skep ’n lepel vol deeg uit. Die olie sorg dat die deeg maklik uit die lepel glip wanneer jy dit in die warm olie sit. Skep lepels vol deeg in die olie en braai weerskante tot mooi bruin. Dreineer op kombuispapier. Sit warm voor met heuning of stroop.

 

Stap 4

Stap 4

 

 

 

 

 

 

 

 

 

WENK
Toets die olie deur eers ń klein stukkie deeg daarin te laat val. As dit vinnig bruin braai, is die olie te warm. Verlaag dan die hitte. Elke vetkoek behoort sowat 2-3 minute te braai om seker te maak dis gaar in die middel.