Gebak

Vinnige mini-pizzas

(30 pizzas van 4 cm)

Verhit oond tot 200 °C. Gebruik ‘n 4 cm-koekiedrukker en druk 30 sirkels uit ‘n 400 g-vel blaardeeg. Plaas sirkels op gesmeerde bakplaat. Sny 100 g mozzarella-kaas in blokkies van sowat 2 cm. Pak op deegsirkels. Halveer 30 klein rosa-tamaties en plaas bo-op kaas. Geur met sout en varsgemaalde swartpeper. Kap so 10 vars basiliekruidblare fyn en sprinkel oor. Bak vir 20 – 25 minute tot gaar en bros. Rond af met klein vars basiliekruidblaartjies.