feb07vyfbestanddele_4
Gebak

Piesangtertjies

Bereiding 10-15 minute
Bak 30 minute

  • 1 vel blaardeeg
  • 6 piesangs
  • 6 eetlepels bruinsuiker
  • 1 eier, geklits
  • 15 ml versiersuiker

Voorverhit die oond tot 200 °C. Druk 6 sirkels met ’n groot koekiedrukker uit. Voer ’n bakplaat met bakpapier en spuit goed met Spray & Cook. Smeer elke sirkel met die geklitste eier. Sny die piesang in skywe en rangskik op elke sirkel. Gebruik 1 piesing per sirkel. Sprinkel die bruinsuiker bo-op. Bak vir sowat 30 minute tot goudbruin en bros. Jy kan die nagereg koud of warm voorsit. Sif versiersuiker oor en sit voor met geklopte room of roomys.