Foto's deur Micky Hoyle

Foto's deur Micky Hoyle

Gebak

Volkoring-appelkoek

(9 STUKKE VAN SOWAT 7,5 CM X 7,5 CM)

  • 250 g (270 ml) botter
  • 250 g (310 ml) bruinsuiker
  • 5 ml vanieljegeursel
  • 2 Granny Smith-appels, geskil en in sowat 1 cm-blokkies gesny
  • 20 ml bakpoeier
  • 500 g (890 ml) volkoringmeel
  • 100 g okkerneute
  • 5 ml fyn kaneel
  • 400 ml melk
  • versiersuiker om bo-oor te sif

Verhit oond tot 180 °C. Voer ’n pan van 23 x 23 x 6 cm diep uit met bakpapier. Smeer of spuit ook die pan. Room botter en bruinsuiker saam tot lig en romerig. Voeg vanieljegeursel en appels by. Meng bakpoeier, meel, okkerneute en kaneel. Voeg by bottermengsel en voeg melk by. Meng goed en skep in pan. Sit in oond en bak 45 min – 1 uur. Omdat dit volkoringmeel is, bak dit taamlik lank. Toets met toetspen om seker te maak die koek is gaar. Haal uit en laat afkoel. Sny in blokke en sif versiersuiker op.