sk0909vesel03
Gebak

Volkoring-brosbrood

sowat 18 koekies

  • 250 g (270 ml) botter
  • 115 g (125 ml) bruinsuiker
  • 350 g (630 ml) volkoringmeel
  • 30 g (65 ml) mielieblom, gesif

Verhit oond tot 160 °C. Room botter en suiker saam tot lig en romerig. Voeg meel en mielieblom by. Meng goed. Gebruik jou hande om deeg bymekaar te kry. Rol op ’n meelbestrooide oppervlak uit tot so 1 cm dik en gebruik ’n 5 cm-koekiedrukker. Plaas koekies op uitgevoerde bakplaat. Gebruik agterkant van ’n mes en druk ’n lyn in die middel van elkeen − vir die mooi. Bak vir 40 minute. Laat afkoel.