Gebak

Volkoring-muffins

(sowat 10)

  • 250 ml koekmeel
  • 15 ml bakpoeier
  • 3 ml sout
  • 250 ml volkoringmeel
  • 25 ml suiker
  • 1 eier
  • 225 ml melk
  • 50 ml gesmelte botter

Sif die koekmeel, bakpoeier en sout saam. Voeg die volkoringmeel en suiker by. Klits die eier, melk en botter saam en vou versigtig by die meelmengsel in. Skep in gesmeerde muffinpanne en bak vir 15-20 minute teen 200 °C.