sk08_2markdag03
Gebak

Volkoring-sjokoladeblokkies – kinders maak self

ongeveer 20

  • 200 g botter
  • 170 g (215 ml) bruinsuiker
  • 2 eiers, geklits
  • 30 g kakao
  • 25 ml botter
  • 80 g (125 ml) volkoringmeel
  • 50 g (80 ml) gebreekte koring
  • 5 ml vanieljegeursel
  1. Laat Mamma of Pappa die oond tot 170 °C verhit, en vra hulle moet seker maak die oondrak is in die middel van die oond.
  2. Room die 200 g botter en bruinsuiker saam.
  3. Gooi die geklitste eiers by en meng goed.
  4. Gooi die kakao en botter saam in ’n klein kastrolletjie en laat dit oor lae hitte op die stoofplaat smelt.
  5. Jy kan dit ook in die mikrogolf doen. Oppas vir brand! Dis baie warm.
  6. Gooi die kakao-en-botter by die botter-en-suiker-mengsel en meng weer goed.
  7. Meng die volkoringmeel en gebreekte koring saam, gooi dit by die bottermengsel en meng goed deur.
  8. Gooi die vanieljegeursel by.
  9. Druk die mengsel met ’n lepel in ’n gesmeerde vierkantige pannetjie wat so 20 cm lank en 20 cm breed is – vra ’n grootmens as jy nie weet hoe groot dít is nie.
  10. Bak vir 35 – 40 minute teen 170 °C.
  11. Toets met ’n dun pennetjie om seker te maak dis gaar.
  12. Haal (versigtig vir brand!) uit die oond en laat afkoel op ’n afkoelrak.
  13. Keer die ‘koek’ versigtig uit en sny in blokkies.