Micky Hoyle

Bykos

Volkoring-sodabrood

Dis vroeër meestal gebak in armer lande soos Ierland, met basiese bestanddele soos meel, bakpoeier en suurmelk. ’n Kruis is bo-op die brood gesny, tradisioneel o.m. om die huismense teen die duiwel te beskerm.

1 ronde broodjie van sowat 15 cm in deursnee

  • 170 g (280 ml) volkoringmeel (nutty
  • wheat)
  • 170 g (300 ml ) koekmeel
  • 2,5 ml sout
  • 2,5 ml koeksoda
  • 290 ml karringmelk

Verhit oond tot 200 °C. Plaas volkoringmeel, koekmeel, sout en koeksoda in ’n mengbak. Maak ’n holte in middel en voeg die karringmelk by. Meng goed met ’n houtlepel tot deeg vorm. Voeg nog ’n bietjie melk by as dit te droog lyk. Knie die deeg effens saam op ’n meelbestrooide oppervlak en vorm ’n ronde brood. Plaas op ’n gesmeerde bakplaat. Sny ’n kruis bo-op met ’n skerp mes. Plaas in oond en bak 30 minute. Klop die brood bo-op en as dit hol klink, weet jy dis gaar. Haal uit en sit warm of koud voor saam met cheddarkaas, piccalilli en lekker klam beesbiltong.