FOTO Micky Hoyle

Gebak

Volkoringbrood

• 700 g (1 250 ml) volkoringmeel
• 30 g (250 ml) spysverteringsemels
• 10 ml heuning
• 10 ml bruinsuiker
• 5 ml koeksoda
• 3 ml sout
• 500 ml karringmelk

Verhit oond tot 180 °C. Meng al die bestanddele behalwe die karringmelk in ’n mengbak. Voeg karringmelk by en meng baie goed. Sit deeg in ’n gesmeerde broodpan van 18 x 8 cm. Plaas in warm oond en bak 1 – 1½ uur. Toets met ’n toetspen om seker te maak die brood is gaar. Keer uit op afkoelrak.

  • Antoinette Smith

    mal oor d volgraan brood resep vinnig en maklik

  • Beverley Goodes

    Hallo liewe "wonderbaksters",
    Ek het ‘n Broodbak masjien. Kan ek hierdie brode net so in my masjien bak of moet ek veranderinge aanbring. Baie dankie.