Foto deur Micky Hoyle SARIE KOS OKT/ NOV 2012

Gebak

Volstruis-terrien

Maak die terrien die vorige dag sodat dit effens kan stol in die yskas. As jy dit dieselfde dag nog sny, sal dit in stukke breek. Dit werk wonderlik saam met die droëperske-blatjang

Genoeg vir 8

  • 500 g volstruis-steak, in klein blokkies gesny
  • 550 g varklies, in klein blokkies gesny
  • 250 g hoenderlewertjies
  • 10 ml sout
  • hele paar draaie swartpeper
  • 1 ml fyn neut
  • 8 jenewerbessies
  • 45 ml brandewyn
  • 1 groot ui, fyngekap
  • 1 eier
  • sowat 5 lourierblare
  • 500 g strepiespek

Verhit oond tot 180 °C. Sit al die bestanddele behalwe die lourierblare en spek saam in ‘n mengbak. Meng alles goed. Pak die lourierblare onder in ‘n broodpan of terrienbak van sowat 35 x 10 cm. Voer pan uit met van die spek. Skep vulsel in en maak toe met orige spek. Plaas pan in oondbak en vul oondbak met kookwater tot halfpad teen die terrienpan op. Plaas in oond en bak 1½ uur. Haal uit en haal uit oondbak. Laat terrien afkoel in terrienpan. Los oornag in yskas. Keer uit op houtbord en sny in skywe. Sit voor met perskeblatjang.