Foto deur Micky Hoyle SARIE KOS Augustus/September 2014

Gebak

Volstruisfilet en croute

Dit beteken die kos word in blaardeeg toegedraai en gebak.

Genoeg vir 4
• sowat 30 ml olyfolie
• 1 x 450 g-volstruisfilet
• sout en varsgemaalde swartpeper
• 1 x 400 g-rol blaardeeg
• 250 g hoenderlewerpatee
• 1 eier, geklits

Verhit olie in ’n pan. Braai filet rondom mooi bruin. Haal uit pan en geur met sout en peper. Draai vleis onmiddellik, terwyl dit nog warm is, styf toe in kleefplastiek. Dit moet mooi rond wees, en die kleefplastiek help dat dit vorm behou. Laat afkoel en bêre oornag in yskas. Verhit oond tot 180 °C. Plaas deeg op werkoppervlak. Meet ’n stuk af wat groot genoeg is om die filet te bedek. Smeer patee direk op die deeg, maar hou ’n rand van so 2 cm reg rondom oop. Smeer oop strook met geklitste eier. Vou nou filet heeltemal toe met deeg. Plaas op bakplaat en sny met ’n baie skerp mes ’n diamant-patroon boop – moenie dwarsdeur deeg sny nie. Verf deeg rondom met geklitste eier en plaas in warm oond. Bak sowat 45 minute tot deeg gaar is. Sit warm voor met groenbone en pers sneeu-ertjie