Foto's deur Donna Lewis

Foto's deur Donna Lewis

6 uur tuis, eet half 7

Vou-tert met uie, chorizo en sampioene

(4 – 6 PORSIES)
30 MINUTE

  • 280 g (500 ml) koekmeel
  • 155 g botter
  • 30 ml yswater
  • 1 ui, grofgekap
  • 100 g chorizo-wors, in ringe gesny
  • 250 g bruin sampioene, gehalveer
  • 200 g bokmelkkaas, in ringe gesny
  • sout en varsgemaalde swartpeper

Verhit oond tot 180 °C. Plaas koekmeel en botter saam in ’n voedselverwerker. Verwerk op hoë spoed tot die tekstuur van growwe broodkrummels. Voeg water by en verwerk tot alles in een bal saamkom. Rol op meelbestrooide oppervlak uit tot sowat 5 mm dik. Plaas deegvel op bakplaat wat met bakpapier uitgevoer en met kleefwerende kossproei gespuit is. Los ’n deegrand van so 3 cm rondom oop en pak uie, chorizo, sampioene en bokmelkkaas op deeg. Geur goed met sout en peper. Vou deegrand oor rand van vulsel. Bak in warm oond vir 15 – 20 minute of tot goudbruin.

Wenk: Jy kan ook klaargemaakte brosdeeg by jou supermark koop.