Foto deur Donna Lewis

SARIE KOS JUN/JUL 2012

Foto deur Donna Lewis SARIE KOS JUN/JUL 2012

Diabeties

Vrugtekelkie-en-klappertert

Hierdie nagereg is verspot maklik en vinnig. jy meng net alles saam, sit dit in die oond en gooi die stroop oor wanneer dit uitkom. Ek gebruik botter eerder as margarien in die stroop( ook in die karringmelkpoeding s’n), want die botter los mooi op. Laevet-margarien maak spatseltjies wat nie mooi lyk nie.

Resep deur Annerien Vermeulen

(12 Porsies)

  • 500 ml volgraan-bruismeel
  • 190 ml suikerplaasvervanger
  • 10 ml koeksoda
  • 10 ml vetvrye melk
  • 5 ml sout
  • 2 eiers
  • 2 x 400 g-blikkies vrugtekelkie in natuurlike sap

Stroop

  • 125 ml ingedampte laevetmelk
  • 30 ml botter
  • 125 ml suikerplaasvervanger
  • 125 ml klapper
  • 5 ml vanieljegeursel

Verhit oond tot 180 °C. Spuit ’n tertbak met kleefwerende kossproei en hou eenkant. Meng  koeksoda en melk saam. Meng meel, suikerplaasvervanger, koeksodamengsel, sout en eiers saam tot glad. Roer die vrugte met die sap by en skep in die voorbereide tertbak van 30 cm in deursnee. Bak 40 minute tot goudbruin en gaar.

Stroop
Kook al die stroopbestanddele saam vir 5 minute. Gooi die warm stroop oor die warm tert. Sit voor met diabetiese roomys of laevet-vla.

Analise
1 porsie –  90 – 110
Energie – 680 kJ
Koolhidrate – 26,5g
Proteïen – 4,5 g
Vet – 4,4 g
Versadigde vet  – 2,8g
Mono-onversadigde vet – 1,1 g
Poli-onversadigde vet – 0,5 g
Vesel – 3 g
Glukemieselading(GL) – 10

Opmerkings
Veselinhoud is hoër a.g.v. vrugte en bruismeel. Die hoeveelheid vrugte stoot steeds die koolhidrate en kilojoules op. Hou dus by aanbevole porsie of minder. Iemand wat insulien gebruik om bloedsuiker te beheer sal dalk die dosis moet verhoog.