Gebak

Vrugtekoek-roomys

(genoeg vir 8)

  • 1 liter vanielje-roomys
  • 350 g vrugtekoek van jou keuse
  • 300 g donkersjokolade, gesmelt
  • 100 g witsjokolade, gesmelt

Plaas roomys in groot mengbak en roer met houtlepel tot effens sag. Krummel vrugtekoek oor en meng goed. Skep mengsel in 12 holtes van ’n roomys-vorm of in leë jogurt-houertjies. Druk roomys- stokkies in en vries oornag tot hard. Haal gevriesde roomys uit vorms en doop in gesmelte sjokolade. Plaas op bakpapier in yskas tot gestol. Gebruik ’n teelepel en laat loop gesmelte witsjokolade in dun stroompie oor roomys. Laat weer stol. Sit voor in groot opdienbak met gebreekte ys.

OM TE DRINK

Monis Medium Cream (R60)