Foto deur Donna Lewis
SARIE KOS DES 13/JAN 14

Foto deur Donna Lewis SARIE KOS DES 13/JAN 14

Gebak

Vrugtevierkante

Vrugtekoek met ’n verskil!
Genoeg vir 40 blokkies

Bolaag
• 500 g droëvrugte-koekmengsel
• 200 g (250 ml) suiker
• 250 ml water
• 125 ml brandewynKors
• 250 g (270 ml) botter
• 200 g (250 ml) suiker
• 15 ml vanieljegeursel
• 2 ekstra-groot eiers
• 560 g (1 000 ml) koekmeel
• 20 ml bakpoeier
• 2 ml sout
• 250 ml appelkooskonfyt
• versiersuiker vir oorsif

Verhit oond tot 180 °C. Voer ’n rolkoekpan van 27 x 20 cm uit met bakpapier en spuit goed met kleefwerende kossproei.
Bolaag Plaas al die bestanddele behalwe die brandewyn in ’n kastrol en verhit tot kookpunt. Prut 5 minute en laat afkoel. Roer brandewyn by. Hou eenkant.
Kors Room botter, suiker en vanielje. Voeg eiers een vir een by. Sif droë bestanddele saam en voeg by bottermengsel. Meng tot ’n sagte ferm deeg vorm. Druk 2/3 van deeg vas onderin uitgevoerde pan. Smeer konfyt oor deeg. Skep gekookte vrugtekoek-mengsel op konfyt. Rasper res van deeg oor vrugtekoekmengsel en druk liggies vas. Bak 25 minute of tot ligbruin. Laat afkoel en keer uit. Sny in 40 blokkies met ’n skerp mes.