Foto's deur Donna Lewis

Foto's deur Donna Lewis

Gebak

Waaierpatats

Genoeg vir 6

• 6 groot pers patats
• 80 ml heuning
• 20 ml fyn kaneel (sien bl. 111)
• stuk vars gemmer so groot soos duimnael, fyngerasper
• 65 g (80 ml) bruinsuiker
• 4 knoffelhuisies, fyngekap
• 3 takkies vars tiemie, fyngekap
• 55 g (60 ml) botter, gesmelt
• sout en varsgemaalde swartpeper

Verhit oond tot 180 °C. Gebruik skerp mes en sny elke ongeskilde patat in dun skyfies sowat 1 mm uitmekaar – sny net so tot in helfte van patat, nie dwarsdeur nie. Meng res van bestanddele behalwe sout en peper saam. Pak gesnyde patats in oondbraaibak en gooi heuningmengsel oor. Geur goed met sout en swartpeper. Maak bak toe met foelie en oondbraai 30 – 45 minute of tot patats sag en gaar is. Verhit oond se rooster-element tot rooiwarm, verwyder foelie en rooster patats oop vir nog 3 – 5 minute of tot
goudbruin. Sit voor met Griekse jogurt