Fot deur Micky Hoyle

SARIE KOS APRIL/MEI 2013

Fot deur Micky Hoyle SARIE KOS APRIL/MEI 2013

Gebak

Wafelkoekies

Met ʼn wafelmasjien bak jy dié koekies in ʼn japtrap.
(sowat 60 koekies)

  • 250 g (270 ml) botter
  • 150 g (180 ml) strooisuiker
  • 5 ml vanieljegeursel
  • 2 eiers
  • 300 g (535 ml) koekmeel
  • 3 ml bakpoeier
  • 1 ml sout
  • 100 g 70%-donkersjokolade

Plaas botter, suiker, vanieljegeursel en eiers in elektriese menger se bak en verwerk tot lig en romerig. sif droë bestanddele saam in mengbak en voeg by bottermengsel. Meng tot deeg vorm. Rol deegballetjies van so 3 cm in deursnee. Verhit wafelmasjien en spuit met kleefwerende kossproei. Rangskik balletjies taamlik ver uitmekaar op die warm masjien. Maak toe en bak koekies sowat 1½ – 2 minute. Haal uit en laat afkoel. Herhaal met res van deeg. Spuit masjien elke nou en dan met kleefwerende kossproei. Bring ’n kastrol met water tot kookpunt. Breek sjokolade in stukke en plaas in ’n bak wat bo-op die kastrol sal pas. Die water moenie aan die bak raak nie. Draai die warm plaat onder die kastrol heeltemal af en laat sjokolade smelt. Gebruik ’n kwassie en verf die gesmelte sjokolade bo-op die wafelkoekies. Laat sjokolade hard word.