chocolate_dips_with_nuts
Gebak

Wenke vir koekies bak

  1. Die bakproses is baie akkurater as jy ’n skaal eerder as maatkoppies gebruik om die bestanddele af te meet.
  2. Plaas altyd die oondrak waarop jy jou bakplaat gaan sit, in die middel van die oond.
  3. Sorg dat die botter by kamertemperatuur is wanneer jy botter en suiker saam moet verroomin die elektriese menger. Dit maak die proses makliker.
  4. Gebruik die mengspaan (K-beater) van die elektriese menger om botter en suiker te verroomen om deeg aan te maak.
  5. Om te verseker dat die rande van die koekies nie brand of te donker bak nie, plaas twee bakplate opmekaar – die een binne-in die ander – en bak dan die deegballetjies op die dubbele bakplaat.
  6. Bêre altyd koekies in ’n lugdigte houer om varsheid te verseker.