Gebak

Wilde sampioen-quiche

6 – 8 porsies

  • 1 vel (400 g) blaardeeg
  • 1 ui, in dun skywe gesny
  • 250 ml cheddar-kaas, gerasper
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
  • 8 heel wilde sampioene (of gebruik groot bruin sampioene)
  • 6 eiers
  • 500 ml room

Verhit oond tot 180 °C. Druk blaardeeg in ’n gesmeerde losboom-quiche-pan. Pak uiskywe in quiche-pan en sprinkel kaas bo-oor. Geur met sout en swartpeper. Sny sampioene in dun repies en pak in ’n waaiervorm op kaas en uie. Klits eiers goed en voeg room by. Geur met sout en swartpeper. Giet oor quiche en bak vir sowat
30 minute.