6 uur tuis, eet half 7

Winkeldeeg-pizza met olywe, kersietamaties en spek

(4 – 6 porsies)

  • meel om te sprinkel
  • 1 sakkie (500 g) winkeldeeg
  • 50 g tamatiepuree
  • 200 g mozzarellakaas, gerasper
  • 100 g groen olywe, ontpit
  • 100 g kersietamaties, gehalveer
  • 125 g spek, grofgekap
  • 15 ml gemengde kruie
  • sout en varsgemaalde swartpeper

Verhit oond tot 200 ˚C. Sprinkel meel op werkoppervlak en rol deeg uit in ‘n groot sirkel van sowat 5 mm dik. Plaas op ‘n bakplaat wat met kleefwerende sproei gespuit is. Smeer tamatiepuree op deeg met ‘n lepel se agterkant. Sprinkel kaas oor gevolg deur olywe, tamaties, gekapte spek en kruie. Geur goed met sout en swartpeper. Bak vir 15 – 20 minute of tot goudbruin en gaar. Sit warm voor.

Wenk: Jy kan enige groente in jou yskas opsit – van gekapte sampioene tot aspersies. Pleks van mozzarella kan jy ook cheddarkaas gebruik.