Gebak

Witsjokolade-en-pekanneut-pralien-kaaskoek

(1 x 23 cm-kaaskoek)

Gebruik die basiese resep.(romerige gebakte kaaskoek) Vervang die suurlemoenskil met 200 g witsjokolade wat jy in ‘n bak oor kookwater gesmelt het.(Die water moenie kook terwyl jy die sjokolade smelt nie.) Voeg die sjokolade ná die room by en klop goed. Die baktyd bly presies soos in die basiese resep.

Bo-laag: Smelt 210 g (250 ml) strooisuiker oor lae hitte. Kook tot gekaramelliseer en voeg 200 g pekanneute by. Roer goed en gooi uit op ‘n bakplaat wat met gesmeerde bakpapier uitgevoer is. Laat heeltemal koud word en kap grof. Versier kaaskoek met dié pralien.