sk0909resep_swop05
Gebak

Witsjokolade-quesadillas

Vir 1 quesadilla

  • 2 tortillas
  • 30 ml witsjokolade-smeer

Verhit tortillas volgens aan-wysings op pak. Laat effens afkoel, smeer een met sjoko-ladesmeer en sit ander een bo-op. Verhit ’n riffelpan en plaas quesadilla versigtig daarop. Braai een kant vir so 3 minute. Draai versigtig om en braai ander kant vir nog 3 minute. Haal uit en verdeel in vier.

Wenk
As jy nie die sjokoladesmeer in die hande kry nie, kan jy vir een quasadilla so 50 g witsjokolade rasper en dit tussen die tortillas sit. Braai ’n bietjie langer tot die sjokolade gesmelt is. Vervang ook enige tyd die witsjokolade met melksjokolade of donkersjokolade.

Om te drink
Probeer ’n wit port. Axe Hill, Boplaas en De Krans maak almal goeies.