Enterprise Promosie

Enterprise Promosie

Gebak

Worsrolletjies met tuisgemaakte tamatieblatjang

Genoeg vir 12 – 14

• 300 g (375 ml) bruinsuiker
• 190 ml rooiwyn-asyn
• 700 g baba-rosa-tamaties
• 1 rooi brandrissie Rolletjies
• 1 x 250 g-pak Enterprise Chef’s Cut Spring Onion and Chives Flavour SmokedViennas
• 1 x 400 g-rol blaardeeg
• 1 eier, liggies geklits

Maak die blatjang eerste: Plaas suiker, asyn, tamaties en brandrissies in ’n pot. Bring tot kookpunt en roer tot suiker gesmelt het. Verlaag hitte en laat 30 – 45 minute stadig prut of tot dik tamatieblatjang vorm. Verwyder van hitte en laat afkoel terwyl jy die rolletjies maak: Verhit oond tot 180 °C. Sny worsies in kwarte. Plaas ’n worsie op blaardeeg en sny ’n deegreep wat groot genoeg is om die worsie mee toe te draai. Gebruik ’n kwassie en verf buiterande van deeg met geklitste eier. Rol worsie toe en maak seker jy druk die deeg goed vas waar dit bymekaarkom. Herhaal met al die worsies. Plaas worsrolle op ’n bakplaat wat met bakpapier uitgevoer is. Maak 3 klein snytjies op elke worsrol. Sit bakplaat in oond en bak 30 minute tot deeg gaar en goudbruin is. Haal versigtig uit oond en sit voor met tamatieblatjang