FOTO Donna Lewis

FOTO Donna Lewis

Bykos

Gebakte eiervrug met koljanderjogurt

Hierdie koue eiervruggereg smaak net so lekker saam met braaivleis of Sondaglamsboud.

genoeg vir 4

• 4 eiervrugte (700 g), gehalveer
• 4 knoffelhuisies, fyngekap
• 80 ml olyfolie
• 30 ml heel komynsaad
• sout en varsgemaalde swartpeper
• 250 ml ongegeurde jogurt
• 1 brandrissie
• hand vol vars koljanderblare, fyngekap
• 50 g granaatpitte, opsioneel

Verhit oond tot 180 °C. Plaas eiervrugte in oondbraaibak met gesnyde kante na bo. Sprinkel knoffel, olyfolie en komyn oor. Geur goed met sout en peper. Oondbraai 30 – 35 minute of tot eiervrug sag en gaar is. Laat afkoel. Meng jogurt, rissie en koljander. Geur goed met sout en peper. Plaas eiervrugte op opdienbord. Skep jogurtmengsel oor en sprinkel granaatpitte bo-op. Garneer met ekstra koljander. Sit voor.