FOTO Micky Hoyle

FOTO Micky Hoyle

Bykos

Geroomde spinasie

Hierdie geurige bykos is die perfekte pasmaat vir enige soort vleisgereg. Maak dit voor die tyd en verhit dit net weer voor opdiening.

Genoeg vir 6-8 

• 800 g spinasieblare
• 50 g (55 ml) botter
• 1 ui, fyngekap
• 3 knoffelhuisies, fyngekap
• 400 g bruin sampioene, fyngekap in voedselverwerker
• 500 ml room
• sout en varsgemaalde swartpeper

1. Verhit ‘n kastrol vol water tot kookpunt. Blansjeer spinasieblare vir 2 minute en verwyder. Laat heeltemal afkoel.

1

2. Druk al die vloeistof uit die blare. Kap fyn in voedselverwerker. Hou eenkant. Verhit botter in ’n diep braaipan. Braai ui en knoffel saam tot sag en deurskynend. Voeg sampioene by. Braai tot al die vloeistof weggekook het.

2

3. Voeg spinasie by sampioenmengsel braai nog ‘n minuut.

3

4. Voeg room by en kook af tot sous verdik – sowat 6 – 8 minute. Geur met sout en peper na smaak.

4

Laai jou inkopielys af as ’n JPEG