FOTO Willem Lourens

FOTO Willem Lourens

Kos

Geroosterde vleiskebabs

Suid-Amerika is bekend vir sy geroosterde vleisgeregte. Ek marineer die vleis oornag in die yskas vir ekstra geur en laat dit by kamertemperatuur staan voor dit oor die kole gebraai word. 

genoeg vir 4

•  2 x 300 g- dikgesnyde steaks soos lendeskyf (sirloin)
•  60 ml olyfolie
•  15 ml gerookte paprika
•  2 takkies roosmaryn se blaartjies, fyngekap
•  2 knoffelhuisies, fyngekap
•  1 rooi-ui, in dik repe gesny
•  1 rooi soetrissie, in blokke gesny
•  4 sosatiestokkies, in water geweek
•  250 g ranktamaties
•  4 winkel-platbrode soos naan

Sny die vleis in 20 ewe groot blokkies. Meng olie, paprika, roosmaryn en knoffel saam in ’n mengbak. Bedek met kleefplastiek en laat oornag in yskas of vir minstens 2 uur. Ryg vleis, ui en soetrissie om die beurt op sosatiestokkies. Rooster oor warm kole. Geur met sout en peper na smaak terwyl jy dit braai tot so gaar as wat jy daarvan hou. Sit voor met geroosterde ranktamaties en winkel-platbrood.

Lees nou

Bobotie-fillo-pakkies

Geroosterde vleiskebabs

Geroosterde hoender met paprika

Papkoekies met boerewors en tamatiesmoor