Screen Shot 2016-03-01 at 1.53.35 PM
Kos

Avokado’s peperduur, wat nou?

Avokadoliefhebbers is die afgelope tyd geskok oor die hoë prys van hul gunsteling-kos. Binne die bestek van weke het die prys gespring van sowat R34,99 tot selfs tussen R55 en R70 vir ’n pak van twee.

Mense het nie geskroom om op sosiale media te kla nie.

Die prys van plaaslike avokado’s het vanjaar drasties gestyg weens ’n tekort aan voorraad ná die uitmergelende droogte en ’n haelstorm wat verwoesting gesaai het.

Maar daar kom bietjie verligting, berig Netwerk24. Hoewel pryse nie gou weer so laag sal wees soos dit voorheen was nie.

FOTO: Unsplash

FOTO: Unsplash

Wenke vir jou sak

Hou winkelrakke dop vir “in sesoen”-avokado’s en wees versigtig vir die klein skrif van ingevoerde avokado’s.

Hou jou ryp avokado’s langer vars deur dit in jou yskas te bêre.

Indien jy die proses wil versnel, kan jy dit oornag saam met ’n piesang in ’n bruinpapiersak plaas. Jou avokado’s sal die volgende dag murgsag wees.

Smullekker avokado-resepte