FOTO Micky Hoyle

FOTO Micky Hoyle

Kos

Gourmet dubbel lamsvleisburger en gekaramelliseerde uie

genoeg vir 6

verhit 30 ml olyfolie in ’n pan en braai 1 fyngekapte ui en 2 fyngekapte knoffelhuisies tot sag. Laat afkoel in mengbak. Kap 5 kraakbeskuitjies baie fyn. voeg by uiemengsel, asook 500 g lamsmaalvleis, 10 ml sout, 5 ml peper en 1 eier.Meng en vorm 12 plat patties.

Halveer 400 g klein rosatamaties. verhit 30 ml olyfolie in ’n pan en voeg tamaties en 1 fyngekapte knoffelhuisie by. geur en braai tot tamaties sag is. verhit 15 ml olyfolie in ’n riffelpan. Braai patties tot gaar.

Halveer 6 broodrolletjies en pak paar vars basiliekruidblare op onderste helfte. Plaas ’n patty op basiliekruid en skep gebraaide tamaties bo-op. Plaas nog ’n patty bo-op en skep gekaramelliseerde uie oor. Bedek met boonste helfte van rolletjie.