FOTO Micky Hoyle

FOTO Micky Hoyle

Kos

Hoenderburger met parmesaankors

genoeg vir 6

Verhit oond tot 180 °C. Slaan 6 ontbeende hoenderborsies sonder vel effens platter met vleishamer. Kap hand vol pietersielie fyn en meng in plat bak met 125 ml droë broodkrummels en 100 g fyngerasperde parmesaankaas. Geur met sout en peper. Klits 2 eiers met 15 ml melk. Doop hoenderborsies in eier en bedek goed met krummels. Verhit 80 ml 

olyfolie in ’n groot pan. Braai hoenderborsies so 1 minuut weers-kante. Plaas pan in oond en oondbraai 15 – 20 minute. Haal uit en dreineer. Halveer 6 broodrolletjies en plaas 2 stukke botter-blaarslaai op onderste helfte.

Sny 2 tamaties in skywe en pak 2 skywe op blare. Plaas hoenderborsies bo-op. Sny 1 avokado in wiggies en pak op borsies. Bedek met boonste helfte van rolletjie