Kaas-en-uiepastei

Kaas-en-uiepastei FOTO Micky Hoyle

Gebak

Kaas-en-uiepastei

genoeg vir 4 pasteie

Verhit oond tot 180 °C. Verhit 60 ml olyfolie en 15 ml botter saam in ’n pan en voeg 2 uie (in skywe gesny) en 2 fyngekapte knoffelhuisies by. Braai tot sag en deurskynend en geur met sout en varsgemaalde swartpeper. Laat afkoel en voeg 100 g gerasperde wit cheddarkaas by. Sny vier lang stroke uit 1 x 400 g-vel blaardeeg. Verf rande met 1 geklitste eier. Skep vulsel bo-op. Sny kante in repe en vleg bo-oor. Verf met geklitste eier en plaas op uitgevoerde bakplaat. Plaas in oond en bak 30 – 35 minute tot goudbruin en bros.