June_Get_the_Look_Beer-1
Kos

Kaasfondue met bier

Tradisioneel word kaasfondue gemaak deur wyn op te warm en die kaas daarin te laat smelt. Die bier laat die fondue ryker smaak.

genoeg vir 6 – 8

• 290 g beleë cheddarkaas, gerasper
• 170 g gruyèrekaas, gerasper
• 450 ml koekmeel
• 250 ml lager-bier
• 30 ml korrelmosterd
• 225 g chorizo, in ringe gesny
• broodblokkies

Meng 2 soorte kaas en meel in groot mengbak – maak seker die meel is eweredig versprei deur die kaas. Plaas bier in middelslag-pot en bring tot kookpunt. Verlaag hitte tot stadige prut. Voeg kaas bietjiesgewys by terwyl jy klits met ’n draadklitser. Dit sal lyk of die mengsel skif, maar namate jy meer kaas bygooi, raak die mengsel weer romerig.Verwyder van hitte en roer korrelmosterd by. Gooi kaasmengsel in fonduepot – stel die pot se vlam op sy laagste. Sit voor met chorizo en broodblokkies.