FOTO: Michael Le Grange

FOTO: Michael Le Grange

Diabeties

Kersie-en-roos-limonade

Koel af met hierdie verfrissende drankie!

Die geur van roos saam met kersie sorg vir ’n baie lekker kombinasie. As jy nie kersies kan kry nie, kan jy dit met ’n ander rooi bessie vervang.

genoeg vir 8 (2 liter)

• 400 g kersies, ontpit
• sap en skil van 5 suurlemoene
• 60 ml rooswater
• 50 g xilitol
• 1 500 ml sodawater
• 1 kg gebreekte ys

Plaas kersies, sap en skil van suurlemoen, rooswater en xilitol in pot. Bring tot kookpunt en kook 3 minute. Laat koel af en verpulp tot glad met staafmenger. Plaas in ponsbak en voeg ys en sodawater by. Meng deur en sit voor.

Ontleding per porsie
kilojoules 271; koolhidrate 13,5 g;
proteïen 1,6 g; vet 0,4 g

FOTO: Michael Le Grange

FOTO: Michael Le Grange