Foto deur Micky Hoyle SARIE KOS OKT/NOV 2013

Bykos

Knoffelbrood

Maak die brood ook voor die tyd en hou in die yskas tot benodig.

genoeg vir 6

• 250 g sagte botter

• 5 knoffelhuisies, fyngekap

• 20 g pietersielie, fyngekap

• 2 klein witbroodjies

Verhit oond tot 180 °C. Meng botter, knoffel en pietersielie in ’n mengbak. Sny brood in snye, maar nie dwarsdeur nie. Skep van die bottervulsel tussen die snye. Draai toe met tinfoelie en plaas op ’n bakplaat. Sit in oond vir sowat 30 – 45 minute. Sit warm voor.